Free Web Hosting by Netfirms
Web Hosting by Netfirms | Free Domain Names by Netfirms

 

SKOOLLIED

Hier staan ons verenig saam,

Trots op ons kultuur en taal.

Aan ons land en God getrou,

Sal ons aan ons toekoms bou.

  Koor:

Tussen see en Namib duine,

Loop ons koersvas op die kruine,

Van ons kennis, ywer en geloof,

Vol van kennis, ywer en geloof.

 

Ons sal met volharding leef,

Wyl ons na ons Christus streef.

Deur te leer, te werk, te speel,

Bring ons elke dag ons deel.

 

Koor:

Tussen see en Namib duine,

Loop ons koersvas op die kruine,

Van ons kennis, ywer en geloof,

Vol van kennis, ywer en geloof.

 

Die eerste vers en koor is geskryf deur Carina Voges. Die tweede vers is deur leerders geskryf in samewerking met Lindie Liebenberg.